Quantcast
Channel: Naelsorg – Goeie Huishouding
Viewing all 26 articles
Browse latest View live

Laat jou manikuur langer hou

$
0
0

1. Berei die oppervlak voor

Vetterigheid van jou vogroom kan verhoed dat jou naellak behoorlik vaskleef. Vryf vinnig oor jou naels met ’n watteballetjie wat in ’n reiniger met ’n asetoonbasis gedoop is om enige oorblyfsels te verwyder.

 

2. Kies die regte basislaag

Die verkeerde basislaag kan selfs die beste manikuur ruïneer. Kies ’n klewerige basislaag wat die naellak beter sal laat vaskleef.

 

3.Dokter dit daar en dan reg

Onegalige naellak wat amper droog is, kan later versplinter. Gebruik ’n bietjie naelvliesolie om onegalige lagies of duikies reg te toor.

 

4. Bly weg van hitte

Dit neem 12 ure vir naellak om heeltemal hard te word en te set. Vermy gedurende dié tyd lang, warm baddens en saunas. Indien jy jou naels aan warm water blootgestel het, moet jy dit vinnig in koue water afspoel.

 

5. Olie daagliks

Nael- en naelvliesolie is die beste manier om jou naels te bevog en te verhoed dat naellak afskilfer en splinter. Vryf ’n paar druppels olie aan voordat jy bed toe gaan.

 

Bron: Goeie Huishouding-tydskrif

 

V: Verf jy self jou naels of laat jy jou naels by ’n salon manikuur?

The post Laat jou manikuur langer hou appeared first on Goeie Huishouding.


Ja, ’n tuis-manikuur kan goed lyk

$
0
0

 

 

1. Kies ’n mooi vorm

die vleiendste naelvorm is een wat die natuurlike boog van jou naelbed namaak. As dit rond of ovaal is, hou daarby en moenie jou naels vierkantig of ge- punt maak nie. toonnaels werk anders: hou dit vierkantig of effens gerond om ingroeinaels te voorkom.

 

2. Vyl so

Skuur sagkens in een rigting. As jy heen en weer saag, versplinter die klomp lagies van keratien en proteïene waaruit die nael bestaan en dit kan tot afsplintering aanleiding gee.

 

3. Begin skoon

Meng twee dele vryf-alkohol met een deel water. Vryf jou naels daarmee skoon in plaas van met naellakverwyderaar. (Sekere formules los ’n residu op naels agter wat dit moeilik maak vir naellak om aan die nael vas te klou.)

 

4. Lê ’n goeie grondslag

’n Basislaag help dat naellak gladder aangeverf kan word en die kleur langer hou. dit voorkom ook dat jou naels vlek. Gebruik ’n basislaag wat jou naels terselfdertyd behandel as jy sukkel met naels wat sag is of riwwe het, soos opi Nail envy Nail strengthener (R353), met kalsium en keratien-proteïene. of probeer Revlon Nail Care Calcium Gel Nail hardener (R110) met pantenol en vitamiene C en E.

 

5. Verf in twee rigtings

Wend die verf eers vertikaal van onder na bo, tot aan die einde van die nael, aan. Verf dan horisontaal tot teenaan die punt waar naels geneig is om te breek, om die kleur te seël.

 

6. Twee lae verf

Alhoewel twee lae standaard is, is die eerste laag die belangrikste. Wend dit ’n bietjie dikker aan om die kleur vas te lê en wend dan die tweede laag heelwat dunner aan. (Twee dik lae sal makliker smeer.) Eindig met ’n bolaag wat die kleur seël en ekstra laat blink. Ons hou van: Nails inc kensington Caviar top Coat (R125).

 

7. Wend gereeld olie aan

Vryf naelvliesolie vyf minute nadat jy die bolaag aangeverf het, aan. dit versterk jou naels en beperk glipse terwyl die kleur set. ons hou van: sh’Zen matrix oil (R159) vir naels en tip top Cuticle treatment (R75,99). Wend dit daarna een maal per dag aan om jou naels teen afskilfering te beskerm.

 

8. Geduld!

Dis vervelig om te wag dat naellak droog word, maar moenie op ’n haardroër staatmaak nie, dit maak net die bo-laag droog. Gun jou naels 15 minute om self droog te word en wag ’n uur of twee voor jy in jou handsak grawe of kouse aantrek.

 

9. Laat dit hóú

’n Goeie manikuur hou omtrent ’n week, maar deur elke twee tot drie dae ’n deurskynende lagie aan te wend, kan jy dit verleng. Gebruik ’n deurskynende ver- sterker soos sally han- sen maximum strength (R99,95) ’n bolaag wat beloof om blitsig droog te word, klou nie goed aan droë verf nie.

 

10. Haal dit af

Week genoeg wattepluisies in naellakverwyderaar om een op elke nael te sit. Bedek die nael vir ’n wyle. Begin by die eerste nael en vryf die naellak af. Dit behoort nou makliker te gaan.

 

 

The post Ja, ’n tuis-manikuur kan goed lyk appeared first on Goeie Huishouding.

7 Dinge vir ’n Noodmanikuur

$
0
0

 

 

Hier is sewe goed wat jy in jou manikuurstelletjie moet hê. Sit dit in ’n sakkie, hou dit in jou lessenaar se laai of handsak en jy sal nooit weer met verslonste naels gevang word nie.

1.  Wattekussinkies of -balletjies Steel ’n paar gesigwattekussinkies uit jou grimeersakkie.

 

2. Naellakverwyderaar Gooi dit in ’n klein, lekvrye houertjie.

 

3. Naelknipper Hangnaels kan net met ’n naelknipper reggestel word. Kry ’n miniknippertjie vir jou manikuurstel.

 

4. Naelvyl Kry ’n middelslag-vyl; dis makliker om te gebruik. Onthou om in een rigting eerder as heen en weer te vyl.

 

5. Drukker vir naelvelletjies Onthou om jou naelvelletjies gereeld terug te druk. As dit te ver uitgroei, kan jou vel skeur en dit is báie gevoelig.

 

6. Basislaag/naellak Enige dun, deurskynende naellak kan as basislaag dien. Dit keer dat jou naels die kleur van die naellak absorbeer en geel raak.

 

7. Olie vir naelvelletjies Jy kan dit in winkels koop, maar weefselolie werk ook.

The post 7 Dinge vir ’n Noodmanikuur appeared first on Goeie Huishouding.

Kry só sterker naels

$
0
0

 

 

1. ’n Sagte naalvyl – Growwer grintvyle sal jou naels skeur. Hou jou naels kort om dit te help versterk. Probeer jou naels in ’n vierkantige vorm met ronde hoeke vyl – dit sal jou naels langer laat lyk.

 

2. Naelversterker – Sally Hansen Nailgrowth Miracle  is ideaal om naels te versterk en dit ’n mooi glans te gee. Dit werk ook goed as ’n basislaag.

 

3. Olie jou naelvelletjies – Soos jou vel moet jou naels bevog en gevoed word. Wend Essie Apricot Cuticle Oil  aan jou naels en naelvelletjies nadat jy jou hande of die skottelgoed gewas het.

The post Kry só sterker naels appeared first on Goeie Huishouding.

Stap-vir-stap tuis-pedikuur

$
0
0
  1. Verwyder enige naelpolitoer van jou naels.
  2. Tap louwarm water in jou voetspa. (As jy nie ’n voetspa het nie, gebruik ’n klein skottel of die bad.) Voeg voetsout (Peppermint Reviving Foot Soak, R110) by. As jy nie voetsout het nie, laat week net jou voete vir 10 minute.
  3. Sny jou naels en vyl dit. (Moet dit nie te kort sny nie. Los ’n bietjie van die nael se wit deel vir die perfekte lengte.)
  4. Skrop jou hakke, onder jou voete en aan die kante van jou voete met ’n puimsteen of ’n voetvyl. (No More Rough Stuff Pumice R60 or File A Foot R55)
  5. Masseer jou voete met ’n afskilferende skropmiddel. (Peppermint Smoothing Pumice Foot Scrub R85)
  6. Spoel jou voete af en druk dit droog. Smeer ’n bevogtiger aan jou voete. (Peppermint Cooling Foot Lotion, R99)
  7. Kies ’n kleur en verf jou naels. Onthou om eers ’n basislaag aan te wend.

 

Kliek hier vir wenke oor hoe om ’n tuis-manikuur te doen.

The post Stap-vir-stap tuis-pedikuur appeared first on Goeie Huishouding.

4 maniere om jou manikuur langer te laat hou

$
0
0

 

 

 

  1. Twee lae naellak is beter as een dik laag.
  2. Kry jy altyd naellak op jou vel? ’n Oorpluisie wat in Vaseline gedoop is, sal dit naellak blitsvinnig verwyder. (Naellak op jou vel sal ook gou in die stort afwas.)
  3. Laat jou geverfde naels vinniger droogword deur dit in yswater te week.
  4. Keer dat die kleur afsplinter deur die bolaag se kwassie al langs die punt van jou nael te vee om die naellak te seël.

The post 4 maniere om jou manikuur langer te laat hou appeared first on Goeie Huishouding.

5 wenke vir gesonde hande en naels

$
0
0

1. VERTROETEL HULLE

Naels kan in droë weer bros raak en makliker breek of afskilfer. “Bevog jou naels met ’n ryk galambotter-balsem,” sê Jin Soon Choi, ’n spa-eienaar. Dis nuttig om ’n klein buisie daarvan in jou handsak te hou en direk op jou naels te vryf. Probeer Badger Soothing Shea Butter Cuticle Care.

2. MINDER NAELLAK

Naellak verhoed dat vogrome en balsems jou naels bevog. Hou jou naels gesond deur niks bo-oor te verf nie en bevog dit elke keer as jy room aan jou hande smeer. Wanneer jou naels nie meer so maklik breek of afskilfer nie, kan jy weer die naellak nader trek.

3. VERSORG JOU NAELVLIESE

Droë naelvliese wat boonop bloei, benodig ekstra sorg, maar dis dikwels meer morsig as prakties om heeldag ’n balsem of naelvliesolie aan te wend. Gebruik eerder ’n naelvliespen soos Essie The Cuticle Pen sodat jy ’n tikkie olie kan aanwend wanneer nodig, soos net voordat jy saans bed toe gaan.

4. MENG JOU EIE DOEPA

Steel dié skoonheidstegniek by een van ons skoonheidsdeskundiges: Smeer ’n helende salfie aan en trek ’n paar katoensokkies wat jy pas uit die tuimeldroër gehaal het, vir 30 minute oor jou hande. Dit maak die porieë oop en die hitte help die vogroom behoorlik deurdring. Probeer Elizabeth Arden Eight Hour Cream Intensive Moisturizing Hand Treatment, Guinot Multi-Action Vital Hand Care, Uriage Crème Mains Hand Cream of Nivea Anti Age Q10 Plus Hand Cream.

5. HANDSKOENE IS HANDIG

Trek volgende keer rubberhandskoene 
aan as jy die skottelgoed was. Daar is soveel prettige keuses beskikbaar dat jy verbaas sal wees hoe funksioneel én pragtig dit kan lyk.

The post 5 wenke vir gesonde hande en naels appeared first on Goeie Huishouding.

Ja, ’n tuismanikuur kán goed lyk

$
0
0

 

 

1. Kies ’n mooi vorm

Die vleiendste naelvorm is een wat die natuurlike boog van jou naelbed namaak. As dit rond of ovaal is, hou daarby en moenie jou naels vierkantig of gepunt maak nie. Toonnaels werk anders: hou dit vierkantig of effens gerond om pynlike ingroeinaels te voorkom.

 

2. Vyl só

Vyl sagkens in een rigting. As jy heen en weer vyl, word die verskeie lagies keratien en proteïene waaruit die nael bestaan, versnipper, wat tot afsplintering kan aanleiding gee.

 

3. Begin skoon

Meng twee dele vryf-alkohol met een deel water. Vee jou naels daarmee skoon in plaas van met naellakverwyderaar. (Sekere formules los iets op die naels agter wat naellak moeilik aan die nael laat vasklou.)

 

4. Lê ’n goeie grondslag

’n Basislaag help dat naellak gladder aangeverf kan word en die kleur langer hou. Dit voorkom ook dat jou naels vlek as jy ’n donker skakering gebruik. Gebruik ’n basislaag wat jou naels terselfdertyd behandel as jy sukkel met naels wat sag is of riwwe het, soos OPI Nail Envy Nail Strengthener, met kalsium en keratien-proteïene. Of probeer Revlon Nail Care Calcium Gel Nail Hardener met vitamiene C en E en pantenol.

 

5.  Verf in twee rigtings

Wend die naellak eers vertikaal aan van onder na bo, tot heel aan die einde van die nael. Verf dan horisontaal al langs die naelpunt waar die naels geneig is om te breek, om die kleur te seël.

 

6. Slim lae

Al is twee lae die standaard, is die eerste laag die belangrikste. Wend dit ’n bietjie dikker aan om die kleur vas te lê en wend dan die tweede laag heelwat dunner aan. (Twee dik lae sal makliker smeer.) Eindig met ’n bolaag wat die kleur seël en dit laat blink. Ons hou van: Nails INC Kensington Caviar Top Coat.

 

7. Wend olie aan

Vryf naelvliesolie aan vyf minute nadat jy die bolaag aangeverf het. Dit maak jou naels glad en keer dat die naels nerfaf gaan terwyl die kleur set. Ons hou van: Sh’Zen Matrix Oil vir naels en Tip Top Cuticle Treatment. Wend dit daarna een maal per dag aan. Dit hou jou naels buigbaar wat hulle teen afskilfering en versplintering beskerm.

 

8. Geduld!

Dis vervelig om te wag dat naellak droog word, maar moenie op ’n droër staatmaak nie – dit maak net die bolaag droog. Gee jou naels 15 minute om self droog te word en wag nog ’n uur of twee voor jy in jou handsak grawe of kouse aantrek.

 

9. Laat dit hóú

’n Goeie manikuur hou omtrent ’n week, maar deur elke twee tot drie dae ’n deurskynende lagie aan te wend, kan jy die lewensduur verleng. Gebruik ’n deurskynende versterker soos Sally Hansen Maximum Strength. ’n Bolaag wat blitsig droog word, klou nie goed aan droë naellak nie.

 

10. Haal dit af

Week genoeg wattepluisies of -lappies in naellakverwyderaar en sit een op elke nael. Sodra elke nael bedek is, begin by die eerste nael en vryf die naellak af. Dit behoort nou makliker te gaan.

 

The post Ja, ’n tuismanikuur kán goed lyk appeared first on Goeie Huishouding.


5 maniere om ’n manikuur te laat hou

$
0
0

STAP 1

Berei die oppervlak voor

Vee jou naels skoon met ’n watteballetjie wat in naellakverwyderaar geweek is.

STAP 2

Kies die regte basis

Gebruik ’n behoorlike basislaag, nie ’n deurskynende naellak of bolaag nie. Dit moet sag en taai wees sodat dit kan uitsit en saamtrek met jou naels en ’n kleur “gryp”.

STAP 3

Kies ’n pêrelagtige naellak

Pêrelagtige formules met hul fyn glimmerpartikels kan slytasie beter weerstaan as mat formules. Vir mooi, eweredige kleur, wend twee dun lae aan. Probeer Revlon Nail Enamel in Sheer Snowflake Pink.

STAP 4

Verf ’n toplaag aan

Bly weg van toplae wat vinnig droog word. Dis dalk vinnig, maar beskerm nie jou naels so goed nie.

STAP 5

Olie daagliks

Droë naels en verharde naellak is soos glasstawe – dit splyt en breek maklik. Olie help keer dat naellak afsplinter en afdop. Vryf ’n paar druppels op jou naels voordat jy gaan slaap. Probeer Mavala Cuticle Oil Daily Cuticle Treatment.

The post 5 maniere om ’n manikuur te laat hou appeared first on Goeie Huishouding.

6 maniere om sout in jou skoonheidsroetine te gebruik

$
0
0

1. Gee hare getekstureerde golwe.
Golwende hare wat lyk of jy op die strand is, is altyd aantreklik, ongeag watter seisoen dit is. Meng 1 teelepel sout met 550 ml gewone water in ’n spuitbottel. Sodra die sout opgelos het, spuit dit op klam hare en kyk hoe dit in perfekte ongekunstelde golwe omskep word.

2. Skilfer jou gesig, lyf en voete af.
Watter deel van jou lyf jy ook al wil skrop, sout sal daarvoor werk. Terwyl jy in die stort is, vryf eenvoudig gemaalde seesout oraloor om dooie vel te verwyder en sirkulasie te verbeter. Dit sal selfs op jou kopvel werk om lastige skilfers te verwyder.

3. Behandel aknee.
Sout is ’n natuurlike afskilferaar wat porieë kan help skoonmaak en olierigheid verminder. Maak net seker jy vermy jou oë of enige stukkende plekkies. As gewone sout te erg vir jou vel is, meng dit met olyf- of klapperolie om ’n pasta te maak.

4. Maak tande wit.
Voeg 1 deel sout by 2 dele koeksoda en borsel dit met ’n skoon tandeborsel aan jou tande. Voeg water by soos nodig. Die pasta kan plaak verwyder en tande verhelder tussen bleikingsbehandelings.

5. Verfris jou asem.
’n Slegte asem word deur ’n aantal faktore veroorsaak (ja, jy, knoffel!), maar gelukkig kan sout help. Voeg ⅛ teelepel sout en ¼ teelepel koeksoda by 1 koppie water om ’n onwelriekende mond vinnig reg te sien. Die oplossing ontsmet en maak bakterieë dood wat tot enige onaangename reuke kan bydra.
6. Verhelder naels.
As jy dikwels vergeet om ’n basislaag aan te wend, kan jou naels geel raak. Meng 1 teelepel elk sout, koeksoda en suurlemoensap om enige vlekke weg te poleer. Bonus: Dit sal ook jou naelvelletjies sagter maak.

Oorspronklik deur Amanda Hawkins vir goodhousekeeping.com geskryf.

The post 6 maniere om sout in jou skoonheidsroetine te gebruik appeared first on Goeie Huishouding.

Probeer hierdie prettige, maklike naeltutoriaal – perfek vir die winter!

Vinnige, maklike manikuur

$
0
0

 

  1. Vorm dit

Vyl jou naels in ’n vierkantige vorm met ronde hoeke. Jou naels moenie oor jou vingerpunte steek nie.

  1. Hou dit netjies

Vryf ’n ryk room aan jou naelvelletjies, wag ’n minuut en druk dit dan met ’n spesiale stokkie of ’n klam waslap terug. Vyl haakplekke aan die kante van jou naels met ’n naelbuffer weg of knip dit met ’n naelskêr af. Vee jou naels met naellakverwyderaar af.

  1. Wend ’n basislaag aan

“Ek kan dit nie genoeg benadruk nie,” sê Elle, ’n manikuris vir die sterre. “Dis die fondament wat die kleur help behou en keer dat jou naels vlek.”

  1. Wend naellak aan

Wend niks meer as twee dik lae aan nie. “Voor elke aanwending, vee die kwassie aan die botteltjie se nek af om oortollige naellak te verwyder,” sê die manikuur-ekspert Ji Baek. “Verf dit aan en trek die kwassie liggies oor die punt van jou nael om ’n beskermende seël te vorm.”

  1. Rond dit af

Wend ’n bolaag aan en seël weer die punt van elke nael.

The post Vinnige, maklike manikuur appeared first on Goeie Huishouding.

Skitterende naels

$
0
0

Wil jy graag skitterende naellak probeer, maar is te bang dit lyk uitspattig? Probeer dit op net een vinger vir ’n baldadige dog volwasse voorkoms. Volg

dié stappe:

Stap 1

Kies komplementerende skakerings van een gewone naellak en een blink een.

Stap 2

Verf ’n basislaag op skoon naels. Kies een vinger (ons hou van die ringvinger) om met blink naellak te verf. Verf twee lae van die gewone naellak op die ander vier naels.

Stap 3

Verf die vyfde nael met twee lae van die blink naellak vir ’n soliede voorkoms. Verf ’n bolaag oor al jou naels en siedaar!

The post Skitterende naels appeared first on Goeie Huishouding.

Hoekom jy nooit aan jou naelvelletjies moet sny nie

$
0
0

Wanneer jy aan manikure dink, fokus jy gewoonlik op watter kleur jy kies of watter naelkuns om te probeer. ’n Manikuur gaan egter nie net oor die naellak nie; dis ook ’n manier om jou hele nael-area gesond te hou, ook jou naelvelletjies.

Hoewel dit algemeen is om naelvelletjies in die meeste salonne te knip, beteken dit nie dis oukei nie. “Ons naelvelletjies verbind die vel rondom die nael met die naelplaat om dit teen infeksie te beskerm,” verduidelik die kosmetiese en mediese dermatoloog dr. Janet Prystowsky.

Om in jou naelvelletjies in te sny is trouens ’n “ope uitnodiging vir kieme om fees te vier”, waarsku Tiffany Cooksey van Ulta Beauty se artistieke span. En dit sluit swaminfeksies in, soos gis, virusse soos herpes, asook vratte, en bakteriële infeksies, waaronder naelwortelontsteking. Jig!

Infeksies is helaas nie die enigste kwessies nie. Dié algemene gewoonte by naelsalonne sal dalk jou naels vir ’n dag of twee laat mooi lyk, maar uiteindelik sal jou naelvelletjies skeur en seer raak. En dit kan lei tot wit kolle of riwwe as die matriks (die deel waarvandaan vingernaels groei) beseer word.

Maar dit beteken nie jy moet jou naelvelletjies heeltemal uitlos nie. Pleks van sny, kan jy goed geoliede naelvelletjies met ’n stokkie terugdruk – jy weet, daardie houtstokkie met ’n plat punt wat teen ’n hoek gesny is. Sodra dit teruggedruk is, kan jy enige oorblywende dooie vel wegknip. Onthou net om dit versigtig te doen – nie te veel nie.

Is jy bekommerd dat jou naelvelletjies te veel gesny word wanneer jy die salon besoek? Sê dit vir die persoon wat jou naels versorg, stel Jenna Hipp, manikuris vir die sterre, voor. “Hoe jou manikuris jou naelvelletjies versorg, skep ’n presedent vir die hele manikuur,” verduidelik sy. “Jy betaal en jy verdien dus om presies te kry wat jy wil hê.”

 

Hierdie artikel het oorspronklik in Good Housekeeping in die VSA verskyn.

The post Hoekom jy nooit aan jou naelvelletjies moet sny nie appeared first on Goeie Huishouding.

5 maniere om jou naels te versterk

$
0
0
StrongNails_afr_eng_9.10_yusrah

Olie mildelik

Die grootste oorsaak van naels wat breek en afdop, is droogheid. “Die maklikste manier om naels te versterk is om dit vogtig te hou,” sê Jin Soon Choi, ’n manikuris. Handeroom werk goed, maar naelvliesroom is beter vir gemanikuurde naels omdat dit deur naellak kan dring, sê Choi.

Vyl dit

“Bly weg van metaal- of ander growwe vyle,” sê Roxanne Valinoti van Creative Nail Design. Dit rafel die naelrande uit en laat die naels haak en afdop. Vyle met ’n sagte grint is ideaal. Dié vyle het ’n growwe sowel as ’n sagter kant waarmee jy delikate naels kan vyl. Die kante van jou naels bied strukturele steun – moet dit dus nie te veel vyl nie.

Los daardie splinters

Staak die slegte gewoonte om jou naellak af te trek. “Só trek jy ook klein lagies van jou naelbed af,” sê Deborah Lippman, ’n manikuris. “Dit verswak die nael en veroorsaak ’n oneweredige oppervlak, wat tot verdere afdopping en versplintering lei.”

 

Laat die basis hard word

As jou naels sag en dun is, begin met ’n versterkende basislaag wat proteïen en kalsium bevat, sê Choi. Vermy dit egter as jou naels hard is, want dan sal dit jou naels bros maak. Só onderskei jy: Sagte naels is geneig om af te dop en te versplinter, terwyl harde naels gewoonlik by die punte breek.

Gebruik gereedskap (nié jou naelpunte nie)

“Ons naels breek dikwels omdat ons bokse oopmaak, karring aan ’n ritssluiter wat vashaak of die vuiligheid op borde met ons naels afkrap,” sê Lippman.

“Dit veroorsaak dat die nael buig by die stresarea – die gedeelte waar die wit naelgroei en die pienk naelbed bymekaarkom.” Aanhoudende druk op dié punt verswak ’n nael en lei uiteindelik tot naels wat breek.

The post 5 maniere om jou naels te versterk appeared first on Goeie Huishouding.


3 stappe om jou voete reg te kry vir sandale

$
0
0
SummerFeet_afr_eng_13.10_yusrah

Vinnige kuur

Verf jou toonnaels in ’n blink, neutrale kleur; dis ’n fantastiese manier om jou voete dadelik aantrekliker te laat lyk. ‘Goue en ander glinsterende neutrale skakerings pas by enige veltoon of skoenkleur,’ sê Margaret Miner, die eienaar van ’n naelsalon. Miner stel voor dat jy drie lang, egalige hale vir elke verflagie gee – een in die middel van die nael en een aan elke kant.

Behandel dit

“Gaan sien ’n voetheelkundige om die harde vel veilig te verwyder wanneer eelte ongemaklik raak en moeilik is om af te vyl,” sê dr. Marlene Reid, ’n voetheelkundige.

Wanneer dit eers onder beheer is, moet jy gereeld ’n puimsteen of voetvyl gebruik om te verhinder dat nog eelte vorm. “Voetvyle werk beter op ’n droë vel,” sê Jessica Vartoughian, ’n naeldeskundige. Vartoughian stel ook voor dat jy olyf- of klapperolie op growwe plekke invryf en dan dan sokkies aantrek en die behandeling vir minstens ’n uur per dag laat aanbly.

Voorkom dit

Masseer gereeld ’n room wat alfahidroksisuur bevat in jou vel in om die verharding van vel te voorkom. Kies ondersteunende skoene wanneer moontlik (die meeste tekkies met veters is hier gepas) bo alternatiewe soos plakkies wat geen ondersteuning bied nie. Nog ’n slim strategie is om binnesole te gebruik – dan sal jou skoene gemaklik pas. Eelte is gewoonlik jou voorland wanneer voete binne-in skoene rondgly.

The post 3 stappe om jou voete reg te kry vir sandale appeared first on Goeie Huishouding.

Kyk hier: Gewone mense probeer Pinterest-naelkuns

Vinnige, maklike manikuur

$
0
0
new BAEA_SunpacKiss_eng_20

As jy gemanikuurde naels wil hê, maar nie die tyd of geld het om na ’n salon toe te gaan nie, sal Kiss-naels die salon na jou huis bring. Met ’n verskeidenheid lieflike naelstelle in verskillende vorms en groottes om van te kies is daar iets om elkeen te pas.

Die Kiss-naelstelle is vinnig en maklik om aan te wend en sal jou daardie pas gemanikuurde voorkoms gee sonder om ’n plaas se prys te kos.

 

The post Vinnige, maklike manikuur appeared first on Goeie Huishouding.

Verwyder naellak sonder naellakverwyderaar

$
0
0
diy nail polish remover_eng

Dis okei; naelpolitoer skilfer wel af. Maar as jy werklik daardie naelpolitoer moet verwyder en jy het geen verwyderaar byderhand nie, kan jy dit probeer.

 

Jy benodig:

Witasyn

Suurlemoensap

Warm water

Meng gelyke dele witasyn en suurlemoensap in ’n klein bakkie en doop watte in die mengsel. Week intussen jou hande in die warm water om die naellak sag te maak. Druk die geweekte wattetjie vir 20 tot 30 minute teen elke nael en vee die naellak saggies af. Herhaal indien nodig.

 

En as jy geen watte byderhand het nie? Gebruik ’n tampon – dis immers dieselfde materiaal!

(Verwyder halstarrige stukkies naelpolitoer met alkohol.)

The post Verwyder naellak sonder naellakverwyderaar appeared first on Goeie Huishouding.

Vervolmaak jou manikuur

$
0
0
BAEA Sunpac Impress Press-On Manicure_eng_13.1_yusrah

Jy hou daarvan om jou naelkleur te verander om by jou bui en styl te pas, maar dit is tydrowend en verg baie moeite om daardie foutlose salonafwerking te verkry en behou. Met ImPress Press-on Manicure sal jy ’n salonmooi manikuur kry onder dat jy hoef te wag vir die naellak of gom om droog te word en dit sal nie jou naels beskadig nie. Trek eenvoudig die kleefbedekkings af, wend dit op jou naels aan en jy is reg om met ’n perfekte manikuur te spog! Unieke UltraHold-tegnologie maak die naels drie keer sterker as ander voorafgegomde naels en dit sal aanbly totdat jy gereed is om dit af te haal. Om die naels te verwyder is so maklik as om dit af te trek sonder dat jy asetoon hoef te gebruik, wat beteken jou naels word nie beskadig nie. Die uitmuntende glans hou tot ’n week – beter as selfs die beste salonne s’n. Elke bottel bevat 24 naels in 12 verskillende groottes, asook ses aksentnaels vir daardie ekstraspesiale voorkoms, sodat dit perfek op jou naels kan pas en jy die gewenste lengte kan kies.

 

Hierdie webpromosie is deur Sunpac geborg.

The post Vervolmaak jou manikuur appeared first on Goeie Huishouding.

Viewing all 26 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>