1. ’n Sagte naalvyl – Growwer grintvyle sal jou naels skeur. Hou jou naels kort om dit te help versterk. Probeer jou naels in ’n vierkantige vorm met ronde hoeke vyl – dit sal jou naels langer laat lyk.
2. Naelversterker – Sally Hansen Nailgrowth Miracle is ideaal om naels te versterk en dit ’n mooi glans te gee. Dit werk ook goed as ’n basislaag.
3. Olie jou naelvelletjies – Soos jou vel moet jou naels bevog en gevoed word. Wend Essie Apricot Cuticle Oil aan jou naels en naelvelletjies nadat jy jou hande of die skottelgoed gewas het.
The post Kry só sterker naels appeared first on Goeie Huishouding.